
Ons is besig om verskillende plase in die Prieska distrik te verfilm. Dit is n besondere voorreg om die boere en hulle gesinne te ontmoet , dit laat my weer besef wat n wonderlike werk dit is om in die natuur te wees. Hier op die plaas, Spitzkop word pistasieneute verbou. Heelwat plase in die distrik verbou die heerlike neute.

Pekanneute op Oranje landgoed. Die distrik van Prieska is een van die heel beste areas in SA om pekanneute te verbou.

Bespuiting van pekanneute

Op Loverlandgoed, bekend vir sy Bonsmara stoetery. Elke jaar word n veiling op die plaas gehou.

Heelwat wyndruiwe word ook in die distrik verbou. Die druiwe word gelewer by die wynkelders op Douglas wat behoort aan die GWK kooperasie

Reuse Karee bome op Remhoogte

Spilpunte word gebruik vir die besproeiing van koring uit die Oranje Rivier.

Beeste op Remhoogte gereed vir die mark

Laai van Slagosse op Remhoogte

Saaduie op Uitdraai

Daar is ook tyd vir ontspanning, hier is die manne besig met iets koels na n harde dag op die golfbaan

Brandstof word bespaar op Montery
.JPG)
Slagdag op Montry en die vrouens wys hulle slag met die verwerking van die vleis

Vroeg oggend stap op Loverland